Die Protea-snelbouler Dale Steyn het ’n welkome hupstoot vir die Lanka Premierliga (LPL) verskaf

Die Protea-snelbouler Dale Steyn het ’n welkome hupstoot vir die Lanka Premierliga (LPL) verskaf, toe hy bevestig het hy sal daarin speel vir die Kandy
Tuskers.
Netwerk24 berig Steyn en die franchise het die nuus op sosiale media bevestig.
Die 37-jarige Steyn, Suid-Afrika se grootste toetspaaltjie-vraat met 439 slagoffers, sal speel in die plek van Pakistan se Sohail Tanvir, wat kort ná sy aankoms in Sri Lanka positief vir Covid-19 getoets het.

Luister na potgooie hieronder