Die Proteas is stewig in die saal

Die Proteas is stewig in die saal aan die einde van die derde dag se spel in die 2de toets op die Darren Sammy Krieket Veld in Saint Lucia.

Nadat Suid-Afrika eerste gekolf het op ‘n moeilike kolfblad wat kort-kort streke uitgehaal het, is hulle tot 298 lopies beperk.

Quinton de Kock met 96 en die kaptein Dean Elgar met 77 lopies was die uitbinkers met die kolf.

Die Windies se kolfbeurt was ‘n treurmare van die begin af en net Shai Hope met 43 en die middelorde kolwer Jermaine Blackwood met een lopie kort van sy 50-tal, kon enige weerstand teen die Protea aanval bied.

Die Wes Indiese Eilande is almal uitgeknikker vir 149 lopies.

Wiaan Mulder het sy stem dik gemaak en het drie paaltjies vir een lopie platgetrek terwyl Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Keshav Maharaj twee paaltjies elk geneem het.

Die Proteas is in hulle tweede beurt vir slegs 174 uitgeboul en die taak aan die Windies gestel om 309 lopies aan te teken om die tweede en laaste toets te wen. Suid-Afrika het die 1ste toets met ‘n beurt en 63 lopies beklink.

Luister na potgooie hieronder