Die Proteas pak Indië môre in die Krieketwêreldbeker. Hoewel die Proteas so te sê verseker is van ʼn plek in die Wêreldbeker-halfeindronde, streef hulle ʼn ander mikpunt na en dit is om boaan die punteleer te eindig. Die Proteas meen dit sal wys net hoe ver die span die afgelope drie jaar gevorder het. Suid-Afrikaners ondersteun tans die span en hoop op ‘n tweede wêreldbeker-wen na die Springbokke se wen in die rugbywêreldbeker verlede naweek. Intussen was die Springbokke se oorwinningstoer vandag in KwaZulu-Natal en môre sluit hulle die toer af in Oos-London.