Die provinsiale voorsitter van die ANC in Gauteng, David Makhura, het afgevaardigdes by die party se Ekurhuleni-streekskonferensie geroskam oor hulle optrede. Die konferensie by die Idaba-hotel noord van Johannesburg, is byna lamgelê deur onenigheid oor ‘n besluit om agt takke te diskwalifiseer, wat hulle verhoed om aan die konferensie deel te neem. Afgevaardigdes het buite die konferensiesentrum betoog, en organiseerders moes veiligheidsmaatreëls verskerp. Na meer as twee dae, kon die konferensie eers vanmiddag begin. Makhura sê dit het die party se naam in oneer gebring en mag nie weer gebeur nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×