Die prys én verkope van geblikte sardyne het gestyg weens verbruikers wat al hoe meer staatmaak op alternatiewe proteïnbronne weens stygende pryse.

SABC-nuus berig die Mededingingskommissie se verslag oor noodsaaklike voedselprodukte toon dat verskeie voedsel-items goedkoper word ondanks talle uitdagings soos beurtkrag, probleme met vervoer en ontwrigtings weens die konflik in die Rooi See-gebied.

‘n Ekonoom by die kommissie, Kagiso Zwane, sê aan die uitsaaier geblikte sardyne is ietwat duurder as hoender, eiers en droëbone, maar is steeds goedkoper as beesvleis. Hy sê dit het ook die voordeel dat dit nie gevries hoef te word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×