Die prys van diesel kan dalk selfs verder daal as wat vroeër die maand voorspel is.

Dit lyk ook asof petrol nie met soveel sal styg soos aanvanklik verwag is nie.

Volgens die jongste dataontleding deur die Automobiel-Assosiasie, of AA, sal die prys van diesel waarskynlik volgende Woensdag met omtrent R1,55 per liter daal.

Dit bied welkome verligting vir dieselverbruikers, nadat die prys die afgelope twee maande alleen met ongeveer R1,50 gestyg het. Petrol, aan die ander kant, sal na
verwagting met tussen 23c en 33c per liter styg.

Dit is wel baie laer as die R1-styging wat aanvanklik voorspel is.

Maroela Media berig die AA het gesê hoewel ʼn verandering in internasionale produkpryse op hierdie stadium ʼn negatiewe impak op die petrolprys het, verseker die sterker rand dat hierdie impak nie so erg is as wat dit kon gewees het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×