Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het gelas die vermeende parlement-brandstigter, Zandile Mafe, moet in die hospitaal-afdeling van ‘n tronk aangehou word.

Regter Nathan Erasmus het gister ‘n bygewerkte verslag oor Mafe se psigiatriese evaluasie oorweeg.

Erasmus het egter beslis die inhoud van die psigiatriese verslag mag nie bekend gemaak word nie.

Mafe is ‘n tyd gelede na die Fort England Psigiatriese Hospitaal in die Oos-Kaap gestuur, waar daar bepaal moes word of sy geestestoestand van so aard is dat hy tereg kan staan op die aanklagte teen hom.

Mafe word daarvan beskuldig dat hy die parlementskompleks in Kaapstad in Januarie 2022 aan die brand gesteek het.

Hy word onder meer van terrorisme aangekla.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×