Die publiek is gevra om mondelinge insette oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, ook bekend as die BELA-wet, te doen. Verskeie organisasies en politieke partye voel die voorgestelde wet hou ʼn bedreiging vir onderwys en veral Afrikaanse onderwys in. Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n dringende beroep op die publiek om die verhore by te woon en standpunt teen die wet in te neem. Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey, sê indien die wet deurgevoer word, kan die etos en karakter van Afrikaanse skole ingrypend verander.