Die publiek en organisasies het die geleentheid om opnuut skriftelike kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook bekend as die Bela-wetsontwerp te lewer. Die verkose komitee oor onderwys en tegnologie, sport, kuns en kultuur van die Nasionale Raad van Provinsies het aangekondig dat skriftelike voorleggings tot 19 Januarie volgende jaar ingestuur kan word. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê vorige raadpleging geleenthede is goed ondersteun. Oorweldigende hoeveelhede lede van die publiek dui sedert 2017 aan dat die konsepwet voorstelle bevat wat ’n ernstige bedreiging vir die toekoms van gehalte onderrig oor die algemeen, en Afrikaanse moedertaalonderrig in die besonder inhou.