Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die publiek versoek om hul skriftelike vertoë oor die kommissie se verslag en aanbevelings oor die jaarlikse nasionale minimumloonoorsig in te dien. Die departement het gesê individue het tot 8 Januarie om hul vertoë in te dien. Die Nasionale Minimumloonkommissie hersien jaarliks die nasionale minimumloon, ondersoek die impak daarvan op die ekonomie, doen verslag, en beveel aanpassings daaroor aan die minister aan. Die kommissie het ‘n minimum loon van 21 rand-69 sent per uur vir 2021 en 23 rand-19 sent per uur vir 2022 aanbeveel. Vanjaar se minimumloon was 25 rand-42 sent per uur, en die kommissarisse het ‘n verhoging van drie persent Verbruikersprysindeks vir volgende jaar voorgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×