Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, het ‘n onafhanklike ondersoek na die aanskaffing van die Telkom Towers-gebou in Pretoria van stapel gestuur. Die gebou is in 2016 teen ‘n koste van meer as R690 miljoen gekoop om as nuwe hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse polisiediens gebruik te word.
Telkom Towers is egter vroeër vanjaar vir gebruik ongeskik verklaar. Macpherson sê dit is onaanvaarbaar dat die gebou reeds agt jaar lank in so ‘n toestand is dat dit nie benut kan word nie.