Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Casac waarsku oor die versoek om die verkiesing uit te stel

Die Grondwethof het uitspraak voorbehou in die versoek van die Verkiesingskommissie om die plaaslike regeringsverkiesings in Oktober uit te stel.   Casac, Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, het gewaarsku dat indien die Grondwethof die Verkiesingskommissie se versoek toestaan dit daarop neerkom dat die land se hoogste hof die Verkiesingskommissie se taak oorneem. Die Verkiesingskommissie het die Hof gevra om die verkiesings tot Februarie aanstaande jaar uit te stel. Casac is saam met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en Freedom Under Law as vriende van die hof aanvaar in die kommissie se dringende aansoek.

 

Luister na potgooie hieronder