Die Rainbow Cup-toernooi wat op Vrydag 23 April sou begin, word geskrap

 Die Rainbow Cup-toernooi wat op Vrydag 23 April sou begin, word geskrap

Die Rainbow Cup-toernooi wat op Vrydag 23 April sou begin, word geskrap.

Amptelike bevestiging daarvan word later vandag van SA Rugby verwag.

Die Rainbow Cup sou begin het met drie rondes Suid-Afrikaanse wedstryde, gevolg deur drie rondes in Europa.

Weens die voortdurende koronavirus-pandemie sowel as verskeie ander faktore, sal die vier Suid-Afrikaanse spanne egter nie na Europa reis nie.

Aangesien die Suid-Afrikaanse spanne mekaar die afgelope ses maande in een of ander vorm gedurende die Super Rugby Unlocked, die Curriebeker en die voorbereidingsreeks van die Kick-Off Pools gespeel het, word die plaaslike been ook
geskrap.

LeandreAdmin@