Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Vrystaat verwelkom die proklamasie deur president Cyril Ramaphosa wat die spesiale ondersoek eenheid magtig om die omstrede Ramkraal-bouprojek in Bloemfontein te ondersoek.
Daar bly nietemin vrae oor die tydsberekening van hierdie besluit.
Volgens die DA se premierskandidaat in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, blyk die tydsberekening verdag, en die pary sê hierdie ondersoek moes lankal van stapel gestuur gewees het.