Met president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die kabinet, het die rand gistraand in ‘n kits, met sowat 15 sent versterk. Daily Maverick skryf dat beleggers Enoch Godongwana se heraanstelling as minister van finansies, waarskynlik met ope arms verwelkom.

Dieselfde geld vir David Masondo as sy adjunk. Onder die vorige administrasie het die twee begin werk daaraan om staatsfinansies te stabiliseer deur staatsbesteding te besnoei. Godongwana en Masondo het ook reeds ver gevorder met hervorming wat die private sektor se deelname aan sleutelsektore van die ekonomie bevorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×