Die rand het in Oktober sleg afgeskop teen die dollar en reeds naby sy swakste vlak gekom nadat die dollar baie versterk het. Die rand het Maandag begin op R18,94 teen die dollar en tans verby R19 verswak nadat plaaslike nuus en toe ekonomiese nuus uit die VSA tot ‘n verswakking in die wisselkoers gelei het, berig Netwerk 24. Dit is grootliks weens die sterk dollar wat die rand laat verswak. Vandag het die rand verby sy laagste punt die afgelope twee maande by R19,34 gedraai. Die rand spring vandag rond tussen R19,24 en R19, 43. Die swakste vlak tot nog toe was in Mei toe die wisselkoers R19,92 was. The Wall Street Journal het berig die versterking van die dollar gaan voortduur weens die hoër opbrengskoerse op Amerikaanse staatseffekte.
