Daar word verwag dat die rand vanjaar sterk teen die Amerikaanse dollar kan bly staan.

Die plaaslike geldeenheid het gistermiddag en vanoggend teen minder as 18 rand teenoor die dollar verhandel.

Hierdie sterker vertoning volg onder meer op data wat daarop dui dat inflasie in die VSA aan die verlangsaam is. DIe verlangsaming sal bes moontlik aanleiding daartoe gee dat die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoerse aanstaande maand afwaarts aanpas.

Die waarde van die rand het ook ‘n hupstoot gekry met die samestelling van ‘n eenheidsregering na afloop van Meimaand se algemene verkiesing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×