Die reeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie kan verder kwyn, indien dit waar is dat wapens en ammunisie in Desember hiervandaan na Rusland verskeep is.

Hoewel die Suid-Afrikaanse regering sê hy staan neutraal teenoor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, neem agterdog hieroor toe.

Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Lioebof Abrawitowa, wil nou dringend met Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, praat.

President Cyril Ramaphosa het skynbaar nie die bewerings ontken nie, en het gesê die saak word ondersoek.

Die rand het gistraand teen sy laagste vlak in drie jaar teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×