Beurtkrag se effek kring wyd uit, en dit is ook een van die groot redes waarom die rand se waarde bly daal. Teen 18-rand vyf sent teenoor die Amerikaanse dollar, is Suid-Afrika se geldeenheid nou op sy laagste vlak sedert Mei 2020. In April vanjaar het ‘n dollar 14-rand 50 gekos. Die rand het dus binne die bestek van slegs vyf maande, met bykans 20% teenoor die dollar teruggesak. Kenners meen die swakker Rand kan hoofsaaklik aan die sterker dollar toegeskryf word. Die onvermoë om genoeg krag vir die land op te wek hou die Rand egter ook onder geweldige druk wat ekonomiese vooruitgang kniehalter. Fase 3- en fase 4-beurtkrag geld tans en dit sal volgens Eskom tot minstens Donderdag die geval wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×