Die rand het verswak terwyl die land op president Cyril Ramaphosa se kabinetsaankondigings wag. Die rand het gister gesluit teen sowat R18,22 teenoor die dollar, wat meer as 0,1% swakker is as sy vorige sluiting. IOL berig die rand het verder verswak teenoor globale geldeenhede en het vanoggend om kwart voor nege (08:45) teen sowat R18,27 teenoor die dollar verhandel.

Die finansiële markte wag vir Ramaphosa om die samestelling van die nuwe kabinet aan te kondig, nadat 10 politieke partye onderteken het om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm. Ramaphosa sal na verwagting vanaand die kabinetsaanstellings aankondig, maar die aankondiging kan selfs tot môre uitgestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×