Die rand wat verswak teen die Amerikaanse dollar en die afgelope paar dae weer net-net oor die R19-kerf is, is dalk nie goeie nuus vir Suid-Afrikaanse verbruikers nie, maar dit lok oorsese besoekers na die land.
News24 berig Mary Curtis, ‘n strateeg, en Andrea Masia, ‘n senior ekonoom, sê toeriste wat Suid-Afrika besoek, kan drie cappaccino’s in die land drink vir die prys van een in Amerika. Wanneer daar na die groter prentjie gekyk word, is die relatiewe laer pryse van goedere en dienste ‘n voorbeeld van die waarde van Suid-Afrika se bates.
Die bekostigbaarheid van goedere en dienste vir buitelanders gee Suid-Afrika ‘n voordeel bo ander lande. Die rand het die afgelope jaar met 9% teen die dollar en Euro verswak en met bykans 12% teen die Britse pond.