‘n Volksblad-leser vra vandag in ‘n leserbrief aan dié Bloemfonteinse dagblad, ‘n vraag wat waarskynlik op baie Suid-Afrikaners van alle rasse se lippe is.

President Cyril Ramaphosa se stelling Sondag in Bloemfontein, dat rassiste nie in Suid-Afrika welkom is nie, het dié Langebaanse skrywer genoop om ‘n paar stellings van sy eie te maak.

Die skrywer het gesê, dat net soos enige regdenkende mens van alle rasse, hy dit ook eens is dat daar geen plek hier vir rassisme is nie.

Hy het gesê sy probleem daarmee is egter dat verskille tussen mense te gou as rassisme geklassifiseer word.

Hy wil in die brief by Ramaphosa hoor, of dit wat die president gesê het ook op die EFF se Julius Malema en sy aanhangers van toepassing is.

Die skrywer het gesê hy is van mening dat regstellende aksie en sportkwotas, wat nou reeds 30 jaar van toepassing is, ook rassisties is.

Hy is nie verbaas dat die ANC se ledetal daal nie.

Hy sien dit as ‘n duidelike teken dat regdenkende swart mense nou ook ‘n politieke tuiste elders soek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×