Die Reënboogbekertoernooi is gekanselleer

 Die Reënboogbekertoernooi is gekanselleer

Rosestad het vroeër berig die Reënboogbekertoernooi wat uit die Pro14 spanne en vier Suid-Afrikaanse spanne sou bestaan, is gekanselleer.

Afsonderlike toernooie sal wel nou plaasvind.

Die besluit is geneem omdat daar nie formele goedkeuring is om Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Koninkryk en Ierland toe te laat nie.

‘n Suidelike toernooi, die Reënboogbeker S.A sal nou plaasvind met die Bulls, die Stormers, die Sharks en die Lions.

Die spanne sal oor ‘n tydperk van sewe weke ‘n dubbelronde tuis- en wegwedstryde speel.

Die besonderhede sal binnekort bekend gemaak word, maar die toernooi sal waarskynlik op die 1ste van aanstaande
maand begin.

Die noordelike Guinness Pro14 Reënboogbekerwedstryde sal volgens die oorspronklike program plaasvind.

Intussen het wêreldrugby se uitvoerende hoof, Alan Gilpin, gesê dat die koronaviruspandemie die sport £1-miljard, sowat 19.85-billion rand, in verlore inkomste gekos het.

Internasionale en professionele klubrugby, sowel as die amateurwedstryde, is verlede jaar weens Covid-19 opgeskort, met die heersende wêreldkampioen, Suid-Afrika, wat nog nie ‘n wedstryd gespeel het sedert hy Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd in 2019 in Japan geklop het nie.

LeandreAdmin@