Die regering beplan om teen die einde van die derde kwartaal 250,000 mense per dag teen Covid-19 in te ent

Volgens die regering beplan hy om teen die einde van die derde kwartaal 250,000 mense per dag teen Covid-19 in te ent. Mense ouer as 60 kan van gister af op die elektroniese stelsel vir inentingsdata begin registreer om geskeduleer te word vir inenting. Die mediese fonds vir staatsamptenare, Gems, sê, sover is 1,200 inentingsentrums by apteke, hospitale en dokters se praktyke bevestig, wat beteken dat 115,000 mense per dag ingeënt sal kan word. Nog inentingspersele gaan na berig word geidentifiseer word, wat sal ruimte skep dat die inentingsprogram uitgebrei word, met die hoop om teen September tot 250,000 mense per dag in te ent. Die ministerie van Gesondheid sê 1424 nuwe gevalle van die coronavirus is in die jongste verslagperiode aangemeld en nog 92 sterftes is ook aangemeld. 

Luister na potgooie hieronder