Die regering en die vakbond Solidariteit het gister na intense bemiddeling ʼn ooreenkoms oor indiensneming bereik met die hulp van die Verenigde Nasies. Een van die bepalings van die ooreenkoms is dat niemand weens die regstellende aksie programme van ʼn maatskappy afgedank mag word nie. Ras mag ook nie as enigste maatstaf gebruik word nie en regstellende aksie moet tydelik wees. Die ooreenkoms kom ná ʼn bemiddelingsproses van nege maande onder toesig van die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie. Die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut,  Connie Mulder, sê hierdie is net een oorwinning as deel van ʼn groter stryd. Die ooreenkoms is bepalend hoe die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming geïmplementeer gaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×