Op die vooraand van die vrystelling van Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke, het die regering erken dat hy nie goed met misdaadbestryding en voorkoming vaar nie.

Dít aldus Mondli Gungubele, minister in die presidensie.

Gungubele se erkentenis kom ‘n dag voordat die minister van polisie, Bheki Cele, môre die kwartaallikse misdaadstatistieke bekend maak.

Die syfers wat môre verskyn is vir die tydperk van 1 Oktober tot 31 Desember 2022.

Die vorige kwartaal se statistieke het gewys dat 989 vroue in net meer as 90 dae in Suid-Afrika vermoor.

Gedurende die verslagperiode van 1 Julie tot einde September 2022 is daar ook 1 277 voorvalle van poging tot moord aangemeld.

Gedurende die drie maande is 315 kinders onder die ouderdom van 17 jaar vermoor.

Daar is ook 294 sake van poging tot moord op kinders en 1 895 sake van die aanranding van kinders met die doel om ernstig te beseer, aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×