Adjunkpresident Paul Mashatile het gesê die regering sal binnekort ‘n ondersteuningspakket aankondig vir boere wat deur die voëlgriep-uitbreking geraak is. Mashatile het gister vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Hy het gesê hy wil nie te veel besonderhede bekend maak nie, aangesien die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, binnekort ‘n aankondiging sal maak. Mashatile het gesê samesprekings is met die Nasionale Tesourie gevoer oor wat die ondersteuning of vergoeding kan behels. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×