Dit blyk dat die regering eenvoudig nie meer geld oor het om die spesiale R350-noodtoelae aan werklose Suid-Afrikaners ná Maart volgende jaar te betaal nie. Nou word daar inderhaas planne beraam in die hoop om ’n haas uit die hoed te pluk. Maroela Media skryf, luidens mediaberigte, het pres. Cyril Ramaphosa, Enoch Godongwana, minister van finansies, en Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, oor die groeiende openbare finansiële krisis vergader. The Sunday Times berig ’n verhoging van BTW met tot twee persentasiepunte en die staak van tientalle staatsprogramme is op die vergadering voorgestel as moontlike oplossing vir die regering se selfopgelegde krisis. Intussen blameer die DA die tesourie se ooroptimistiese projeksies in sy Februarie-begroting, asook swak ekonomiese groei, dekades van ekonomiese wanbestuur en swak ekonomiese beleidskeuses.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×