Die regering het enkele onmiddellike ingrypings aangekondig om beurtkrag teë te werk. Dit sluit in om bestaande infrastruktuur reg te maak, sabotasie te stop en na die omgewing om te sien. President Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat ministers ‘n reeks maatreëls sal aankondig om die kragkrisisse te hanteer. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het gister gesê daar sal onmiddellik ingegryp word, insluitend die herstel van ses geïdentifiseerde kragstasies. Intussen het Eskom aangekondig dat hy moontlik Fase-2 beurtkrag om 4-uur vanmiddag moet instel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×