Die regering is op koers om 10 prioriteits-spoorlynnetwerke wat vir rehabilitasie geïdentifiseer is, weer in diens te neem ná die vandalisme en die diefstal van spoorinfrastruktuur. Die vandalisme was hoofsaaklik tydens die tydperke van inperking in die land weens COVID-19. Die waarnemende hoof van die Passasierspooragentskap (PRASA), David Mphelo, sê daar word beplan om spoorlyne teen die einde van die jaar weer in gebruik te neem. Hy sê 17 van die land se 40 korridors is in werking. PRASA het in April 2021 met die opgradering van die spoorinfrastruktuur en stasies begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×