Die regering moenie ‘n remskoen wees nie en moet die private sektor in staat stel om groenkrag aan die netwerk te verbind. So het dr Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit vandag herhaaldelik gesê tydens die jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Windenergie-vereniging, of Sawea. Hy het aan Netwerk 24 gesê dis onaanvaarbaar dat die regering so stadig beweeg. Dit duur byvoorbeeld 18 maande om al die goedkeurings vir groenkragprojekte te kry. Ramokgopa kritiseer hiermee sy eie departement sowel as die vanGwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. Heelwat van die groenprojekte se kontrakte vir die lewering van krag asook permitte kom van Mantashe se departement. Ramokgopa sê hy kritiseer die hele regering want die opstel van ‘n eenvoudige stel reëls en tariewe vir versending van krag oor die netwerk, sloer al meer as twee jaar lank. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×