Verskeie organisasies en politieke partye maak gereed om die voorgestelde en omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, in die hof te beveg. Dít volg nadat ANC- en EFF-LP’s vroeër die week hul meerderheid in die parlement se Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys gebruik het om dit goed te keur. Dit word nou na die Nasionale Vergadering verwys vir oorweging. Diegene wat die voorgestelde wetgewing teenstaan meen dat dit skoolbeheerliggame stroop van hul magte. Van die organisasies wat reeds aangedui het dat hulle besig is met die voorbereiding van hofaansoeke is die Suid-Afrikaanse Onderwysvakbond SAOU, AfriForum, Solidariteit en die burgerregteorganisasie Kaapse Forum. Die DA en VF Plus het die wetgewing ook sterk teengestaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×