Die reis- en verblyfreëlings van die MK-party se LP’s, om die eerste sitting van die Nasionale Vergadering by te woon, is gekanselleer.
Netwerk24 berig, die MK-party nader die konstitusionele hof vir ‘n interdik, in ‘n poging om te keer dat Vrydag se eerste parlementsitting plaasvind.
Die party beweer daar was verkiesingsknoeiery, wat hom tot nadeel strek.