Die departement van water en sanitasie wil die bou van hidrokragstasies aanmoedig en vergemaklik. Die department vra vir onafhanklike kragprodusente om vir waterlisensies vir hidrokrag aansoek te doen sodat waterbronne, waterweë, riviere en damme benut kan word om hidroëlektrisiteit op te wek. Die departement gaan Dinsdag ‘n inligtingsessie by die Protea Hotel by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg hou om meer inligting te gee oor sy program vir onafhanklike hidrokrag-opwekkers. Dit vorm deel van die regering se plan om die kragkrisis aan te pak en beurtkrag te verminder. Tiaan Hendriks, ‘n meganiese ingenieur en hoof van energie-ontwerp by SEM Solutions, het al in 2021 gesê daar is heelwat onbenutte potensiaal om hidrokrag te benut in veral landelike gebiede soos die Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal
