Die regering oorweeg alle kanale sodat Guptas uitgelewer kan word
- Die owerhede sal alle kanale moontlik oorweeg om te verseker dat Atul en
Rajesh Gupta uitgelwer word aan Suid-Afrika om hier in die hof te verskyn. Die
minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het die versekering
gegee nadat hy Vrydag aangekondig het dat hulle met skok verneem het
Suid-Afrika se uitleweringsaansoek aan die Verenigde Arabiese Emirate, of VAE,
het misluk. Die aansoek is op grond van tegniese kwessies van die hand gewys,
maar die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, hou vol hul aansoek het aan al die
vereistes voldoen. Dit volg ook na gerugte dat die Gupta-broers in Switserland
gewaar is en dat hulle in twee Afrika lande om asiel aansoek gedoen het. Die VAE
het die regering eers Donderdag deur ‘n amptelike kennisgewing ingelig dat ‘n hof
in Dubai reeds op 13 Februarie sy verhoor voltooi het. Volgens die NVG sal die
twee broers alles moontlik doen om nie in Suid-Afrika verhoor te word nie. Die
Guptas se lasbriewe hou verband met korrupsie, bedrog en geldwassery