Die Nasionale Vergadering het die EFF se mosie, soos gewysig deur die ANC, oor die Israeliese ambassade in die land met ʼn groot meerderheid aanvaar.
Die gewysigde mosie stel voor dat die parlement ʼn beroep op die regering doen vir die sluiting van die Israeliese ambassade, sowel as die verbreking van alle
diplomatieke bande met Israel totdat ʼn skietstilstand en blywende vrede tussen Israel en Palestina onderhandel word.
ʼn Totaal van 248 LP’s het ten gunste van die mosie gestem, met 91 daarteen.
Die ANC, EFF, ATM, NFP, PAC en Al Jamah-ah het ten gunste van die mosie gestem, met die DA, IVP, VF Plus en ACDP daarteen.