Die regering oorweeg dit om die AstraZeneca Covid 19-entstof uit te ruil

Die regering oorweeg dit om die AstraZeneca Covid 19-entstof wat van die Serum Instituut in Indië aangekoop is uit te ruil.

Dit volg nadat inligting die afgelope naweek tot lig gekom het dat die entstof slegs 22% beskerming bied teen die Suid-Afrikaanse variant van die virus.

Die Minister van Gesondheid het vanoggend op ‘n virtuele nuuskonferensie gesê die entstof kan geruil word.

Die minister sê sy departement sal intussen voortgaan met die eerste fase van inentings deur die entstof van Johnson en Johnson te gebruik.

Dié entstof is wel doeltreffend is teen die nuwe variant.

Goedkeuringsprosesse om die entstof toe te dien is op die oomblik aan die gang.

Hy sê die regering vervwag dat die verspreiding van die entstof in April sal begin.

Luister na potgooie hieronder