Die burgerregteorganisasie AfriForum het gister die regering se beoogde skenking van R50-miljoen aan die Kubaanse regering suksesvol gestuit.

Die hoogste hof van appèl het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, of Dirco, se poging om te appelleer teen ’n interdik om die skenking aan Kuba te stop, is met koste van die hand gewys.

Die Suid-Afrikaanse regering is in finansiële nood, en kan nie bekostig om “so ’n buitensporige bedrag” aan ‘n ander land te bewillig nie.

Die geld kan eerder gebruik word om Suid-Afrikaners te help.

Daar is wyd berig Dirco se minister, doktor Naledi Pandor, het vroeër gesê die 50 miljoen-skening is vir “kos en gesondheidsorg” en “nie geld nie”.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×