Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is nie ʼn krisis met die regering se geldsake nie. Sy het gister op ʼn mediakonferensie in Pretoria oor die uitkoms van ʼn kabinetsvergadering gepraat. Sy sê hulle wil nie indruk wek dat daar ʼn krisis is met die regering se begrotingstekort nie en benadruk dat Suid-Afrika dus nie enige oomblik in duie gaan stort nie. Sy sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal ook binnekort riglyne bekend maak om ʼn klaarblyklike misverstand uit te klaar in ʼn brief wat einde Augustus aan departemente gestuur is oor kostebesnoeiings.
