Die Suid-Afrikaanse regering sê sy enkele grootste prioriteit is nou om die 77 Suid-Afrikaanse burgers wat in die konflik-geteisterde Soedan vasgekeer is, veilig terug in hul Vaderland te kry.
Netwerk24 berig lande van oor die wêreld heen probeer om hulle mense so gou moontlik uit die land te kry, weens die voortslepende konflik tussen para-militêre groepe en die weermag.
Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking, of Dirco, het vanoggend gesê die regering is sover bewus van 77 Suid-Afrikaners wat
nou in Soedan is, en “oorweeg alle opsies” om hulle na veiligheid te bring.
Verskeie buurlande het Suid-Afrika ook reeds om hulp genader.
Dirco se woordvoerder, Clayson Monyela, het gesê hulle werk onverpoos om alle Suid-Afrikaners, asook burgers van buurlande so gou moontlik uit Soedan na veiligheid te bring.