Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het dit benadruk dat Suid-Afrika niks gedoen het om sy neutraliteit ten opsigte van die Rusland-Oekraïne-oorlog in die gedrang te bring nie.

Magwenya het gesê die minister van Intelligensie, Khumbudzo Ntshavheni, se besoek aan Moskou hierdie week, is om voorbereiding te doen vir ‘n beplande vredesending deur ses Afrika-leiers na Oos-Europa.

Ander amptenare is na Oekraïne ontplooi.

Magwenya het gesê die regering maak nie ‘n geheim van sy siening oor die konflik nie.

Volgens hom het internasionale handelsvennote Suid-Afrika se standpunt aanvaar, selfs waar daar meningsverskille is.

Hy het gesê die regering se standpunt berokken die land geen skade nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×