Die Suid-Afrikaanse regering glo hy sal die dooiepunt oor samewerking met die VSA kan oplos. Dit teen die agtergrond van ‘n aanvaarde mosie, waarvolgens Amerika alle bilaterale samewerkingsooreenkomste, asook sy verhouding met Suid-Afrika wil hersien. Die wetsontwerp is vroeër vanjaar in Amerika voorgelê.

Dit nadat Suid-Afrika Israel vir beweerde volksmoord op Palestyne, by die Wêreldhof verkla het. Hoewel die wetsontwerp nog eers die Senaat moet bereik, heers daar reeds kommer hieroor onder die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap. Parks Tau, minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, sê ‘n afvaardiging woon oor twee weke ‘n beraad in Amerika by oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, algemeen bekend as Agoa.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×