Adjunkpresident Paul Mashatile sê die sukses van die regering van nasionale eenheid sal gemeet word aan die aantal werksgeleenthede wat dit skep.

Mashatile het Donderdag die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in Londen toegespreek. Hy het ‘n beroep op die liggaam gedoen om die regering te help om met meer beleggers in die Verenigde Koninkryk te skakel.

Hy sê die sukses van die regering van nasionale eenheid sal ook gemeet word aan die aantal suksesvolle besighede wat gestig gaan word.

Mashatile het aan die byeenkoms gesê dat die regering vraglogistieke probleme in die land aanspreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×