Die regering betaal glo ook nie hul TV-lisensies nie.
City Press berig dit is onthul tydens die sukkelende SAUK se voorlegging verlede week aan die Parlement. Dit is bekend gemaak dat minder mense as ooit vir hul lisensies die afgelope jaar betaal het, en sluit lisensies vir sowat 2 500 TV-stelle, met uitstaande lisensierekening van nagenoeg R35-miljoen, wat deur staatsdepartemente besit word in.
Volgens Yolanda van Biljon, die SAUK se finansiële hoof, is die uitsaaier veronderstel om sowat R5-miljard aan TV-lisensiegeld te ontvang. Hulle het egter net oor die R700-miljoen ingesamel.
Sentech, die staat se seinverspreider, dreig om die SAUK se TV- en radioseine af te sny, aangesien die SAUK hulle byna R1 miljard skuld.