Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het in die parlement gesê dat die huidige alkoholbewys-vervolgingstandaarde hersien gaan word om die vervolging van dronkbestuurders te versterk.
Netwerk24 berig dat dit gedoen word om alle skuiwergate in die standaardprosedures vir die inhegtenisneming van oortreders toe te stop.
IVP-LP Khethamabala Sitole wou ook weet wat gedoen word om voetgangers te beskerm, wat glo 41% van padsterftes gedurende die feestyd uitmaak.
Creecy het geantwoord dat een van hul hoofmaatreëls is om voetgangerveiligheid te verhoog deur alle verkeersowerhede, insluitend die metropolisie, te koördineer om die Nasionale Padverkeerswettoepassingskode beter te implementeer.