Die regering het die marginale indiensnemingsgroei en uitbreiding van Suid-Afrika se reële bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal van vanjaar verwelkom. Dit is volgens die waarnemende direkteur-generaal van die regering se Kommunikasie en Inligtingstelsel, Nomonde Mnukwa.
Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek aangekondig dat die totale indiensneming in die formele nie-landbousektor met 42-duisend toegeneem het. Mnukwa sê die groei getuig van die regering se verbintenis om meer werksgeleenthede te verskaf.