Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku die publiek teen die aankomende hittegolf.
Dit word as ‘n vlak tien waarskuwing geklasifiseer, met ‘n hoë gevaar vir veldbrande.
Op die brandgevaarindeks staan die huidige toestande bo 75, wat beteken dat brande vinnig kan ontwikkel en versprei, wat dan skade aan eiendom en moontlike verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg het.
Terwyl die maksimum Vrystaat-temperatuur wat voorspel word, wissel tussen 33 en 36 grade Celsius, word burgers aangeraai om gehidreer te bly en alle buitemuurse aktiwiteite te beperk.
KZN en Mpumalanga sal weer donderstorms verwag, terwyl die hittegolf moontlik tot Vrydag sal duur.