Die Suid-Afrikaanse regering het gewaarsku dat burgers wat aan die konflik tussen Israel en Palestina deelneem, vervolg sal word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheid monitor die voortslepende konflik. Ntshavheni het gister op vrae van parlementslede gereageer. Sy sê dit is onwettig vir Suid-Afrikaners om aan militêre operasies buite die land deel te neem.
