Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele, sê die regering is daartoe verbind om te verseker dat alle burgers toegang tot die internet het. Gungubele het vandag die agtste aflewering van die Africa Tech Week in Kaapstad in die Wes-Kaap toegespreek.
Hy sê die regering het planne om openbare toegang tot konnektiwiteit te verseker en te verbeter, aangesien dit ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling sal bevorder. Hierdie planne sluit die uitbreiding van die installering van Wi-Fi-konneksiepunte, die vermindering van datakoste en die intensivering van opleiding in digitale vaardighede in. Gungubele sê dit is belangrik vir volwassenes om tred te hou met tegnologie.