In ‘n poging om plaaslike vervaardiging te bevorder wil die regering wil die prys van hernubare energieprodukte wat uit ander lande ingevoer word, verhoog.
Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika het verlede maand ‘n oorsig van die tariefstruktuur vir insetmateriale, komponente en finale goedere binne die hernubare energiewaardeketting gepubliseer.
Volgens die kommissie dek die oorsig 82 tariefkodes wat gekoppel is aan insette en finale goedere wat in hernubare energie en kragbergingstelsels gebruik word.
Dit sluit sonpanele, windturbine-komponente, litiumioonbatterye, staal- en aluminiumstrukture, en selfs skroewe, boute en moere wat in groen energie-installasies gebruik word in.

error: Inhoud is beskerm !!